Interessante Interweb Artikels Week 1

Ek spandeer baie tyd op die interweb en probeer op datum bly met veranderings in die gaming, tegnologie en blogging wêreld. Van nou af gaan ek probeer elke Maandag ‘n paar links en opsommings gee van interessante artikels wat ek gevind het.

1. Xbox Live in South Africa

Dit is nou natuurlik vir al die gamers en meer spesifiek die XBOX fanboys. Soos julle weet was daar al lank gepraat van XBOX Live wat oppad is SA toe.. en nou is dit hier. En die nuwe XBOX S is ook beskikbaar… EN die Kinect is beskikbaar… geld geld.

Van Lazygamers.net : Xbox Live in South Africa

Van Mail and Guardian : Xbox Launches Live, Kinect

2. Call of Duty Black Ops:

Nog een vir al die gamers. As dit enigsins so goed is soos Modern Warfare sal ek miskien my been moet breek en vir paar weke by die huis sit. Sover ek weet gaan die game vir R699 op PS3 en XBOX.

Van DigitalWarfare247 : Black Ops Released WorldWide

Die offisiele site : CallOfDuty.com

3. Blogging

WordPress.com het hulle eerste miljoen “mobile users” vir Nokia behaal. Hulle het ook die nuwe FoodPress.com gelaunch… sal maar moet sien hoe dit uitwerk vir hulle.

Van WordPress.com : Oor die eerste miljoen “mobile users”.

Van WordPress.com : Introducing FoodPress

4. Facebook

Vir die “one-click generation” is dit sekerlik goeie nuus dat Facebook moontlik e-mail ook nou gaan aanbied. Dit beteken ons gaan amper als op een platform kan doen… wild.

Van Huffingtonpost : Facebok E-mail to be…

Afrikaans Twitter

Ek werk al ‘n geruime tyd aan verskillende idees oor ‘n meer “niche” Twitter / Microblog. Daar is verskeie programme beskikbaar waar jy jou eie een kan begin. WordPress het byvoorbeel die P2 Theme en variasies wat vir die einste doel gebruik kan word. Daar is ook ander sagteware wat beskikbaar is vir Self-Hosted of Hosted Solutions. Dit is byvoorbeel Floopo, Kablog, Revou en nog meer.

Twitter Afrikaans

‘n Perfekte niche soos in ‘n vorige posts bespreek is Afrikaans self. Daar is ‘n groter teenwoordigheid van Afrikaners op die web as wat mense dink en ek is seker baie van hulle sal belangstel in ‘n Twitter / Microblog diens wat eenvoudig is en hulle taal praat. Dit beteken nie noodwendig ek gaan so ‘n diens begin nie, maar sal definitief wil hoor of enigiemand belangstel of beplan om so diens te begin.

WordPress.com en Afrikaans Goed vir Google Ranking

Het maande laas op die blog geskryf, maar ‘n rukkie terug bietjie deur my stats gegaan en gesien my “Wat is ‘n sosiale netwerk” post is eerste op Google vir daai terme. Moet sê dit is nogals iets van ‘n irritasie vir my omdat ek op so baie ander blogs werk met .com domains en dit vat soms maande lank om vir enige terme goed te rank. Dit nog met ‘n verskeidenheid van SEO plugins ens.

Wat dit vir my sê

1. Google hou van WordPres.com blogs, hulle doen dit goed.

2. Dit is al Afrikaans blog wat ek het en duidelik is daar minder kompetisie (maar ook minder lesers) vir soek terme.

3. Groter is nie altyd beter nie. Die blog het amper niks inhoud nie.

4. Hou by NICHE. Behalwe dat Afrikaans self ‘n NICHE area is op die wille interweb, is dit altyd slim om te bly by spesifieke topics en nie oor alles en almal te skryf as jy goed op Google wil doen nie.

Hier is ‘n paar van my persoonlike projekte: (Enige kommentaar is welkom. Let wel meeste is net as ‘n hobby en soos almal het ek net soveel tyd.)

Self-Hosted:

1. RugbyShout.com – Rugby Sosiale Netwerk

2. PurpleHazard.com – Tips en Tricks vir WordPress bloggers.

3. PHWebDesign.net – My basis waar ek al die vriende verwys wat ‘n blog van hul eie van my af wil he.

4. WordPress Ask and Answer – Presies wat die titel sê.

WordPress.com Blog:

1. The Walking Dead Blog : Die nuwe TV show wat ek nogals entertaining vind.

2. Stadig Genadig – My enigste Afrikaans blog. Nie regtig ‘n topic nie.

Dink dis about tyd dat ons ‘n gemeenskap van Afrikaans blog begin. Het lanklaas ‘n nuwe domain gekoop. Enige idees? ;-)

Wat is ‘n sosiale netwerk

My vorige bydrae het gehandel oor ons nuwe Sosiale Netwerk, SABloggers (wat nou gesluit is) , wat ‘n netwerk is vir bloggers van Suid Afrika. Ek het besluit om ‘n bietjie meer te verduidelik van wat presies ‘n Sosiale Netwerk is, vir die wat wil weet. (My nuwe projek is RugbyShout).

Die maklikste manier om dit te verduidelik is die gebruik van ‘n baie bekende voorbeeld, ‘n hoërskool. Jy besoek die webtuiste/skool en dan registreer jy. As jou registrasie klaar is kan jy in log/klas toe gaan, en begin nuwe vriende maak. Jy kan vriende “add” of “accept” en sal dan daagliks op hoogte gehou word van wat hulle aanvang.

Die hele gemeenskap is gebasseer op verskillende sektors. Jy het groepe, ‘n “discussion board”, “chat room” en status updates.

Groepe:

Jy kan by sekere group “topics”/vakke aansluit en met jou klasmaats informasie uitruil. SABloggers het byvoorbeeld groepe soos “Politics” , “Afrikaans” en “South African News”. As jy nie gelukkig is met die groepe nie kan jy ook jou eie een begin.

Discussion Board:

Apart van die groepe wat ‘n ingeboude discussion board het, kan jy enkel vra of idees kommunikeer binne die Discussion/Board of Forum. Sien dit as ‘n plakaat op die skool muur plak en wag vir ander om hulle opinies by te heg.

Chat Room:

Die chat room is spesifiek daar om te kommunikeer met jou netwerk vriende en ook ander te ontmoet met kort boodskappe oor die alledaagse lewe.

Status Updates:

By status updates het jy 140 letters om te sê hoe jy voel of waaroor jy dink. Dis soos om jou vriende vinnig iets te sê voor jy by jou klas aansluit. Jy kan selfs links gee na jou nuwe blog posts, of iets wat jy onlangs gevind het.

Apart van die voorbeelde wat ek bo genoem het, kry jy ook ander dele soos, advertensies, notas, “polls” , video’s, foto’s , “member ratings” en self jou eie blog as jy nog nie een het nie!

Bekende voorbeelde:

www.facebook.com

www.myspace.com

www.orkut.com

www.classmates.com

www.sabloggers.ning.com ;-)

Paar Grappies

Ek het so bietjie rondgesweef op die interweb om na ‘n paar Afrikaans grappies en blogs te kyk. Hier is ‘n paar links wat enigiemand kan geniet. 

http://www.gpsa.co.za/Jokes/Zuma/zuma-1.html - ‘n Paar oomblikke in die lewe van onse Prez. JC.

http://twattiesemq.wordpress.com/2010/02/08/priceless/ – Niks ander as Priceless nie. (Gesien by www.sonkind.co.za)

http://sonkind.co.za/?p=2039 - Hoe dom kan jy wees? (Ook gesien by www.sonkind.co.za)

Ek sal meer links verskaf wanneer Telkom besluit om hulle kant te bring.

Paypal kom Suid Afrika toe!

Dit is met ‘n uiters bly hart dat ek lees van FNB se planne om Paypal beskikbaar te maak vir Suid Afrikaners, so in sy volle glorie. Sover kon ons arme Afrikane net Paypal gebruik om geld weg te stuur, maar nie om dit daar uit te kry nie. Dit het ons op die agtervoet gesit op die internasionale e-commerce arena en vir baie besighede moelik gemaak om ‘n sukses op die net te behaal.

FNB het erens gevra, “Hoe de donner kan ons jou help”. Ek het so vermoede hulle het sekere blog posts gaan lees en mooi verstaan hoe graag ons Paypal wil he.

Sover soos wat die gons op Twitter loop gaan FNB Paypal beskikbaar stel aan ons Safa’s , kom April. Hulle het selfs op hul webtuiste gese hulle voer gesprekke met Paypal en beplan om, unlike die res van ons
kry-my-jammer-Suid Afrikaners dit nie op te… karfoefel nie.

Welkom

Welkom by Stadig Genadig my persoonlike BLOG, gedryf deur Afrikaans/ Kitchen Dutch/hoe-ookal-ek-wil-spel-en-woorde-meng.

Ek blog al vir ‘n goeie hoeveelheid jare, wat gelei het tot webdesign en blog setup vir vriende en die nou-en-dan “kliente”.

Ek werk tans, of het gewerk aand hierde projekte :

www.purplehazard.com – Dit handel oor blogging , meer spesifiek WordPress and hoe jy dit kan manipuleer om te doen wat jy wil he.

www.winemeup.co.za – Dit is ons wyn besigheid se webtuiste… so as jy bietjie wyn soek dan moet jy daar gaan lees. (Shameless promotion.)

www.rugbyshout.com – Dit is ‘n Twitter-like , status update gemeenskaps gedrewe rugby blog.

Ek het ook ander blogs, wat erens in die interweb “realm” so sonder ‘n leash rond loop, geadministreer en bestuur deur onpersoonlike silicon verstande.

Hello world!

Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!